Professionele jagter doodgetrap deur olifant

Daar word berig dat die polisie in Omusati ondersoek instel na ‘n 46-jarige man by ‘n pos in die Tsandi-kiesafdeling deur ‘n olifantbul doodgetrap is. Die man, blykbaar ‘n professionele jagter het die dier, wat as probleem veklaar is, saam met ‘n kliënt en amptenare van die omgewingsministerie gejag. Naastebestaandes is reeds ingelig en ‘n nadoodse ondersoek sal uitgevoer word. Die ministerie het onderneem om verdere inligting oor wat van die olifant geword het, deur te gee.