Prof. Morgan Hauptfleisch maan oor gevare van wildheinings

Professor Morgan Hauptfleisch van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se Biodiversiteit Navorsingsentrum het op sy Facebook-blad gemaan oor die gevare van wildheinings. Hy het ‘n foto geplaas van ‘n elandbul met sy agterbeen verstrengel in ‘n elektriese heining. Hy sê boonop is die bul elke drie sekondes met 6 000 volt elektrisiteit geskok. Die bul moes van kant gemaak word. Hauptfleisch sê daar moet ‘n makliker manier vir beweging van wildlewe wees.