Produsente suip steeds aan agterspeen
Boere kla reeds ‘n geruime tyd oor die gaping tussen die prys van produkte by die plaashek teenoor die op winkelrakke. In sy jongste ontleding oor Januarie se landbou-syfers, sê die makelaarsfirma Simonis Storm oor die pryse van aartappels en blaarslaai. Die prysverskil is merkwaardig. Produsente het 13 dollar 45 sent per kilogram gekry terwyl die verbruiker ‘n kilogram gekoop het vir 30 dollar 59 sent. Blaarslaai het verbruikers 33 dollar 42 sent uit die sak gejaag maar produsente het 20 dollar ontvang.