Produsente kan nóg aandele in Savanna Beef koop
Mecki Schneider, die voorsitter van die Forum vir die Beesvleiswaardeketting se taakspan, asook van Savanna Beef Processors, het in ’n inligtingsbrief aan lede en aandeelhouers bekend gemaak daar sal binnekort nog ’n derde kans aan produsente gebied word om aandele te koop. Volgens plaaslike berigte is daar hernude belangstelling om meer aandele te koop nadat produsente tot dusver 173,5 miljoen Namibiese dollar se aandele bekom het. Hy sê ‘n geleentheid sal gebied word om ’n verdere 26,5 miljoen dollar se aandele te koop, met die hoop dat beesprodusente 100 persent van die 200 miljoendollar aandelekapitaal kan besit.