Pro-EU Moldawiese president wen weer

Moldawië se pro-Westerse president, Maia Sandu, het ‘n tweede ampstermyn gewen deur die politieke nuweling Alexandr Stoianoglo te verslaan, wat deur die pro-Russiese Party van Sosialiste gesteun is. Voorlopige uitslae wat deur die Verkiesingskommissie vrygestel is, toon Sandu het 55-persent van die stemme gewen teenoor Stoianoglo se 45-persent. Die verkiesing is ontsier deur bewerings van inmenging, die koop van stemme en vals bomdreigemente by stemlokale in Frankfurt, Duitsland, en Liverpool en Northampton in Brittanje. Rusland het ten sterkste ontken dat hy by die verkiesing inmeng.