Pro-bono gemeenskapskliniek wil mense help

Geluk Psychology Services in Windhoek bied op 5 Julie ‘n pro-bono gemeenskapskliniek aan. Dit is ‘n inisiatief om geestesgesondheidsondersteuning te bied aan mense wat uitdagings het om toegang tot tradisionele dienste te verkry. Die pro-bono-kliniek vind maandeliks plaas, gefasiliteer deur die kliniese sielkundige Edwina Mensah-Husselmann, die uitvoerende hoof van Geluk Psychology Services. Kosmos 94.1 Nuus het met Mensah-Husselmann gesels oor die kliniek en hoe die publiek hulle kan kontak.