Privaatskole ‘vorder uitstekend’

Daar is aan die einde van 2022 voorspel dat meer kinders of tuisonderrig sal ontvang of na staatskole gestuur sal word as gevolg van ekonomiese druk. Dit blyk om iets van die verlede te wees. Talle privaatskole meld goeie aansoeksyfers aan wat kan dui op verbeterde ekonomiese toestande of, die beter kwaliteit onderrig wat privaatskole in die land bied, veral met die uitdagings in die openbare stelsel. Kosmos 94.1 Nuus het met Wouter Niehaus, uitvoerende hoof van die Namibiese Privaatskole-organisasie, Napso, gepraat.