Privaatsektor vra toegang tot Kaapstad hawe
Die Stad Kaapstad doen ‘n beroep op die nasionale regering om onmiddellik die vrag-logistiek-padkaart te publiseer en om voort te gaan om die privaatsektor toegang te gee tot die hawe van Kaapstad. Die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling sê die deelname van die privaatsektor in die hawe kan ‘n bykomende ses miljard Suid-Afrikaanse rand aan uitvoere bydra. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede, James Vos, sê die privaatsektor se betrokkenheid by die bestuur van die hawe kan nie gou genoeg geskied nie.