Privaatsektor-kredietverlening styg, dui dalk ommeswaai aan
‘n Goeie aanduiding dat die ekonomiese klimaat besig is om te verbeter is die jaarlikse groei in privaatsektor-kredietverlening wat positief gedraai het na dit negatief was vir 46 opeenvolgende maande, vanaf November 2020. Die jaarlikse groei in Oktober was 3,4 persent, teenoor groei van 3 persent in September. Reële groei was 0,4 persent in Oktober, vergeleke met minus-0,4 persent die vorige maand. Tannan Groenewald, hoof van data en ontleding by Cirrus, het die positiewe vooruitsigte vir 2025 gedeel.