Privaat tronke in SA ‘vermorsing van belastingbetalers-geld’

Die ondersoekende regter vir Korrektiewe Dienste sê Suid-Afrika se privaat tronke is skouspelagtige mislukkings en ’n vermorsing van belastingbetalers-geld. Regter Edwin Cameron sê Thabo Bester sou gesukkel het om uit ‘n gewone tronk van Korrektiewe Dienste te ontsnap. eNCA berig Cameron het Bester se ontsnapping uit die Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein onthul toe hy ’n verslag laat uitlek het waarvolgens die verbrande liggaam wat in Bester se sel gevind is, iemand anders s’n was. Cameron sê G4S, wat die tronk bestuur, en die departement, moet aanspreeklik gehou word vir voortslepende korrupsie en wanbestuur.