Privaat sektor leen steeds minder

Kredietverlening-groei in die privaat sektor het in Februarie tot 1,7 persent op ‘n jaargrondslag verlangsaam. Dit is onder die 12-maande bewegende gemiddelde van 2,3 persent. Simonis Storm sê wanneer kredietgroei onder die 6-maande bewegende gemiddelde daal, dui dit op ‘n verlangsaming in die tempo van kredietuitbreiding vergeleke met onlangse tydperke. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Halleluya Ndimulunde, ‘n ekonoom by Simonis Storm, oor die pad vorentoe en ‘n voorspelling oor die repokoers. Die Bank van Namibië se Monetêre Beleidsaankondiging is geskeduleer vir 17 April.