Prinses Kate terug by die werk

Die prinses van Wallis het haar eerste vergadering gehou sedert sy onthul het haar chemoterapie-behandeling is voltooi. Die 42-jarige Katherine se eerste afspraak was ‘n vergadering by Windsor-kasteel. Kate het verlede week in ‘n diep persoonlike videoboodskap die jongste oor haar gesondheid met die publiek gedeel. Sy sê die afgelope nege maande was uitdagend, maar sy sien daarna uit om weer by die werk te wees. Kate het sedert Februarie chemoterapie ontvang vir ‘n onbekende vorm van kanker. Sy sal vir die res van die jaar ‘n ligte werksprogram volg.