Prinses Kate breek stilte oor haar siekte

Die wêreld gons oor die groot nuus van Prinses Catherine wat haar stilte oor haar gesondheid verbreek het. In ‘n video-boodskap het sy erken dat sy kanker het maar dat sy gefokus is op volledige herstel. Sy het in Januarie drastiese abdominale chirurgie ondergaan en sedertien is daar wilde gerugte oor haar gesondheid. Die Kankervereniging van Namibië het op die nuus van die prinses se kanker gereageer deur hul simpatie uit te spreek en te beklemtoon hoe kanker nie diskrimineer nie. Die vereniging wil graag sien dat almal veg vir toegang tot tydige behandeling en goeie gehalte sorg.