Prinses Anne doen harsingskudding op

Prinses Anne van Brittanje het geringe beserings en harsingskudding opgedoen ná ‘n voorval op die Gatcombepark-landgoed. Buckingham-paleis sê die 73-jarige prinses sal na verwagting vinnig en ten volle herstel, maar sal in die hospitaal bly totdat haar mediese span anders besluit. Die oorsaak van haar besering is nie bevestig nie, maar volgens berigte stem dit ooreen met die moontlike impak van ‘n perd se kop of bene. Anne se afsprake vir die week is uitgestel.