Prinse Andrew, Harry en Meghan gaan nie op paleis-balkon verskyn
Prins Harry, sy vrou Meghan en Prins Andrew gaan nie Buckingham Paleis se bekende balkon met die Britse monarg deel vir die viering van haar platinum-jubileum vroeg volgende maand nie. Die paleis het die aankondiging gedoen na maande se bespiegeling oor die bewerings van seksuele misbruik teen Andrew en die hertog en hertogin van Sussex se besluit twee jaar gelede om afstand te doen van alle koninklike verpligtinge. Die koningin het volgens berigte besluit slegs werkende koninklikes gaan op die balkon by haar aansluit vir die Trooping of the Colour-plegtigheid op die tweede Junie.