Prins William besing bioverskeidenheid

Prins William het vandag besoek afgelê by Seinheuwel in Kaapstad waar hy met Tafelbergpark-bestuurder, Megan Taplin, en die Earthshot-prys-ambassadeur, Robert Irwin, gesels het. Sy besoek vorm deel van die Earthshot-prys-jeugprogram, wat jong Afrika- en Suidoos-Asiatiese klimaatleiers saamvoeg om meer oor klimaataksie te leer. Die seremonie is beplan vir môre, en daar sal vyf wenners aangekondig word wat elk meer as 22-miljoen Namibiese dollar sal ontvang. William het die belangrikheid van bioverskeidenheid op ‘n oggendstaptog bespreek.