Prins Edward en Mashatile gesels vandag

Adjunkpresident Paul Mashatile ontmoet vandag die Hertog van Edinburgh, prins Edward, in Pretoria. Hy is tans op ʼn werksbesoek aan Suid-Afrika. Die hertog se besoek volg ná president Cyril Ramaphosa se staatsbesoek aan die Verenigde Koninkryk in 2022. Die presidensie sê die besoek dui op die sterk bilaterale verhouding tussen die Verenigde Koninkryk en Suid-Afrika. Die Britse Hoë Kommissariaat se ekonomiese raadgewer, Mike Foster, sê die verhouding tussen die Brittanje en Suid-Afrika is belangrik: