Prins Charles se stigting ontvang donasies in ruil vir burgerskap

Die Britse polisie het bevestig daar is ‘n ondersoek na die burgerskap wat toegeken is aan ‘n Saoedi-Arabiese burger wat bande het met een van prins Charles se liefdadigheidsorganisasies. Volgens Britse media het die Metropolitaanse Polisiediens in September ‘n brief ontvang wat verwys na nuusberigte oor beweerde aanbiedinge van hulp ten einde eerbewyse en burgerskap te bekom. Die prins se stigting is gekontak en die inligting wat ontvang is het gelei tot die besluit om ondersoek in te stel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.