Pringlebaai-brand onder beheer, maar word dopgehou

Die Overstrand-munisipaliteit het bevestig sy brandbestrydingspanne is steeds in die omgewing van Pringlebaai te midde van vrese vir moontlike opvlamming, nadat ‘n brand Pringlebaai en Bettysbaai die afgelope drie dae voortdurend bedreig het. Volgens die munisipale bestuurder, Dean O’Neill, is daar tans egter geen aktiewe brandbestrydingspogings nie, nadat die brand suksesvol bedwing is: