Pretoria Capitals klop Sunrisers met drie lopies

Krieket: Die Pretoria Capitals het ʼn kliniese boul-vertoning gelewer om die Sunrisers Eastern Cape in hulle SA20-wedstryd in Centurion met drie lopies te verslaan. Die Capitals het eerste gekolf, maar slegs 125 in hulle 20 boulbeurte aangeteken. In antwoord het Wayne Parnell en Adil Rashid elkeen drie paaltjies laat kantel om die Sunrisers tot 122 vir nege te beperk. Na hierdie oorwinning is die Capitals die eerste keer hierdie seisoen nie laaste op die punteleer nie. Eathan Bosch van Pretoria Capitals sê hulle wil steeds die volmaakte wedstryd speel.