Preston-doelskieter sit 8 uit omdat hy verdediger byt

Preston-doelskieter, Milutin Osmajic, is vir agt wedstryde geskors en ’n boete van bykans 350 000 Namibiese dollar opgelê omdat hy Blackburn-verdediger, Owen Beck, gebyt het. Die voorval was tydens ʼn gelykop Kampioenskapswedstryd sonder doele verlede maand tussen die twee klubs. Die voorspeler het tydens die verhoor erken hy het gewelddadig opgetree en ‘n teenstander gebyt. Die twee spelers kan later vandeesmaand weer teen mekaar staan kom. Osmajic is in Montenegro se groep ingesluit wat op 14 Oktober in die Nasiesliga teen Wallis te staan kom.