Presies drie jaar nadat Lüderitz-seuntjie verdwyn

Dit is vandag presies drie jaar sedert die spoorlose verdwyning van die toe drie-jarige Spencer Nakale van Lüderitz. Die seuntjie se ma, Julia Ndafyaalako, het hom die laaste keer gesien toe hy saam met ander kinders gaan speel het waar sy pa, Nelson Nakale, besig was om te werk. Spencer het toe gevra om by sy nefies te gaan slaap by sy tannie se huis. Die kinders het nog geslaap toe sy tannie die volgende oggend by die huis weg is, en Spencer het daarna verdwyn. ‘n Uitgebreide polisiesoektog, ‘n veldtog op sosiale media en belonings van altesaam 75 000 Namibiese dollar vir inligting, het geen leidrade opgelewer nie.