President van Oekraïnse hooggeregshof vas vir korrupsie

Die hoof van die Oekraïnse hooggeregshof is in verband met ‘n korrupsie ondersoek in hegtenis geneem. Volgens berigte word Vsevolod Kniaziev verbind met ‘n 2,7 miljoen Amerikaanse dollar omkoopskandaal. Die teenkorrupsie-buro in Oekraïne het bekend gemaak dat hy saam met die kantoor van die gespesialiseerde teen-korrupsie aanklaer, grootskaalse korrupsie by die hoogste hof oopgevlek het. Volgens berigte word ander regters ook betrek. Daar is glo ook beslag gelê op ‘n onbekende bedrag Amerikaanse dollar.