President van Maties se konvokasie, en ander lede, uitgestem

Die president van die Universiteit Stellenbosch se konvokasie, Jan Heunis, en die meeste van sy uitvoerende komitee, is uitgestem. Uit Suid-Afrika word daar berig konvokasielede het gestem oor ‘n mosie om hulle te verwyder oor hul hantering van nepotisme-eise teen die rektor en visekanselier, Wim de Villiers. Die eerste mosie van wantroue het die vise-president van die konvokasie, Rudi Buys, uitgesluit. Hy was egter die onderwerp van ‘n tweede mosie van wantroue, wat nie genoeg stemme kon werf nie. Buys word daarvan beskuldig dat hy ‘n mediaveldtog teen uitvoerende komiteelede in die konvokasie gevoer het.