President ‘moet ingryp in Ren-Form herrie’

Die bohaai oor Ren-Form se verkryging van die stembrieftender kring steeds uit. Verskeie politieke partye het kommer oor die omstrede maatskappy, en die deursigtigheid van die verkrygingsproses. Die Verkiesingskommissie ontken ten sterkste dat die toekenning van die tender korrup was. Reaksie is ontvang van die politieke kommentator dr. Ndumba Kamwanyah sê die president moet toetree om vertroue in die proses te verseker.