President Hage Geingob verdedig aanstelling

President Hage Geingob het die aanstelling van die 22-jarige Patience Masua, tans die Voorsitter van die SAOG Jeugforum as parlementslid vir Swapo sonder stemreg verdedig. Dr Geingob het tydens die vierings van Swapo se 61 ste bestaansjaar op Rundu daarop gewys dat dit belangrik is vir die party om in die jeug te belê. Volgens hom is dit tyd om die stryd van die sogenaamde tweede revolusie vir ekonomiese bevryding aan die volgende geslag oor te dra.