Presidensiële kandidate moet vandag handtekeninge indien

Die Verkiesingskommissie van Namibië het onafhanklike kandidate vir die komende presidensiële verkiesing versoek om hulself te vergewis van die nodige vereistes om vir ’n plek op die stembrief te kwalifiseer. Die sperdatum om op die stembrief te kom is vandag. Die kandidate moet 7 000 handtekeninge van hul ondersteuners landswyd kry, 500 per streek, en elke handtekening moet ‘n geregistreerde kieser wees. Rosa Namises, Lydia Kandetu van die Kunene-streek, sakevrou Ally Angula en Job Amupanda het aangedui hulle sal deelneem.