Presidensie vra Suid-Afrikaners om krag te spaar

Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die spanning op die kragnetwerk te verminder. Sy het met die media gepraat en sê die kabinet poog om aandag te gee aan die kragkrisis deur sy Nasionale Vraagbestuurs-projek. Volgens die minister is die projek daarop gemik om oplossings vir die krisis te vind deur Suid-Afrikaners aan te moedig om hul rol te speel in die vermindering van die aanvraag tydens spitstye om die druk te verlig: