Presidensie sê oor stabiliteit in eenheidsregering

Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, benadruk dat geen enkele party van die regering van nasionale eenheid eensydig ooreenkomstig hulle manifeste beleid sal verander nie. Daar is tien partye in die regering van nasionale eenheid en president Cyril Ramaphosa moet nog sy kabinet aankondig. Magwenya het aan Newzroom Afrika gesê daar is ten opsigte van die Verklaring van Voorneme geen onduidelikheid oor beleid nie wat strook met die Grondwet en kollektiewe besluitneming oor beleid, wetgewing en regulasies: