Pres. Geingob loof Namibiese moeders

President Hage Geingob het alle moeders in Namibië ‘n geseënde Moedersdag toegewens. Sy tema vir vanjaar se Moedersdag is “Gender equality today for a sustainable tomorrow”. Hy het gesê ons eer ons moeders vir die opofferings wat hulle maak om gesinne, huise en ‘n beter Namibië te bou. Hy sê as ‘n nasie erken en vier ons Namibiese moeders en gaan voort om geslagsgelykheid te bevorder deur die bevordering van vroue in leierskaprolle op verskillende regeringsvlakke.