Premierliga: Arsenal weer bo

Arsenal is weer boaan die Premierliga-punteleer met ʼn 1-0 sege oor Manchester United. Leandro Trossard se doel was genoeg om die oorwinning te beklink en seker te maak die titel-wedloop gaan deur na die laaste dag van die seisoen. Die Gunners is een punt voor die heersende kampioene, Manchester City, wat een wedstryd meer gespeel het. Arsenal was Sondag in hul laaste wedstryd gasheer vir Everton terwyl City tuis teen West Ham kragte gemeet het. Arsenal-bestuurder Mikel Arteta sê dit was noodsaaklik dat hulle wen: