Première van Otjiherero-film uitverkoop
Die première van ‘Tjipangandjara’, die eerste vollengte Otjiherero-film wat die taal, kultuur en waardes van die OvaHerero uitbeeld, sal vanaand by Ster-Kinekor Maerua Mall plaasvind. Die sterre in die rolprent is onder meer Boesman Katjiuende, Ririkeho Kuaere, Uuane Kuzatjike. Die dokumentêre film wat deur Lesley Tjiueza vervaardig is, lok groot belangstelling onder Namibiërs uit en vanaand se première is reeds uitverkoop. Florence Haifene, uitvoerende sekretaris by die Namibiese Filmkommissie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels….