Premier-liga kry sy eerste vroue-skeidsregter

Rebecca Welch gaan die eerste vrou word om as skeidsregter by ‘n Premier-liga wedstryd op te tree nadat sy aangestel is om Saterdag die 23ste Desember in die wedstryd tussen Fulham en Burnley te blaas. Die 40-jarige Welch is lank reeds ‘n baanbreker in mans-sokker. Sy het in April 2021 die eerste vrou geword wat as skeidsregter aangestel is om in die Engelse sokkerliga op te tree en het in Januarie 2022 vir die eerste keer die fluitjie gedra in ‘n FA Cup-wedstryd. Welch het in 2010 ‘n skeidsregter geword en werk voltyds by die Nasionale Gesondheidsdiens.