Pravin Gordhan gehospitaliseer

Die voormalige minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, is in die hospitaal opgeneem. Sy familie sê hy ontvang die beste beskikbare sorg en hulle vra privaatheid in hierdie moeilike tyd. Gordhan het in Mei vanjaar, ná dekades se leierskap in die staatsdiens, uit die politiek getree. Hy het die Departement van Openbare Ondernemings sedert 2018 gelei. Dit is vooraf gegaan deur ‘n ampstermyn bestaande uit ander belangrike leierskaprolle in die regering sedert die koms van demokrasie in die land 30 jaar gelede.