Prasa verwelkom ondersoek

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika verwelkom toestemming aan die Spesiale Ondersoekeenheid om bewerings van ernstige wanadministrasie in die agentskap se sake te ondersoek. Die ondersoek na Prasa hou verband met bedrieglike eise van aanspreeklikheid wat deur die instelling se Groepversekeringsdepartement verwerk en betaal het. Die ondersoek sal ook uitgebrei word na spookwerkers. Prasa se woordvoerder, Andiswa Makhanda, sê die ondersoek sal skoon en doeltreffende bestuur by die instelling bevorder en korrupsie uitwis: