Praatjie oor ietermagô in hoofstad aangebied

Die Ietermagô-bewaring- en Navorsing-stigting sal ‘n praatjie by die Namibiese Wetenskaplike vereniging op 28 Junie om sewe-uur die aand aanbied. Tobias Kambongi, ‘n navorser by die stigting sal die kennis en oortuigings van verskeie etniese groepe in Namibië oor die ietermago bespreek. Ietermagôs is die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld en bewusmaking moet gedoen word om stropery te voorkom. Die stigter Kelsey Prediger deel meer met Kosmos 94.1 Nuus…