Praat hierdie vakansie, nie baklei

Met die Kersvakansie op hande, beplan Namibiërs hoe en waar om hul feestyd deur te bring. Mens wonder soms of hierdie tipe vakansietye vir alle lede van die samelewing ‘n gelukkige samesyn inhou. Huismoles, selfmoordgevalle en verkragtingsake neem dikwels toe gedurende die Kerstyd. Sommige sê alkohol is dikwels die hoofoorsaak aangesien gesinne meer tyd saam spandeer en opgehoopte frustrasies kom na vore. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis Zack Itodo gepraat, wat sê dat mense hierdie feestyd met hul familielede moet praat.