PPI vir water staan 5 jaar stil, geen opbrengs op belegging nie?

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die produsenteprysindeks vir die vierde kwartaal van 2023 bekend gestel. Die indeks meet die gemiddelde verandering oor tyd in die pryse wat plaaslike produsente vir hul uitset ontvang. Dit is ‘n maatstaf van inflasie op groothandelvlak. Kommerwekkend is die indeks vir watervoorsiening, versuiwering en rioolbestuur. Sedert die tweede kwartaal van 2019, amper vyf jaar gelede is die indeks op 144,3 en het sedertdien nie verander nie en staan op nul. Omdat die vraag na water nie afneem nie, dui dit aan dat daar nie opbrengs op beleggings in water-infrastruktuur is wat pryse vir grootmaatvoorsiening kan beïnvloed nie.