Pous vra verskoning vir gebruik van neerhalende term vir gay mans

Pous Franciskus vra verskoning vir die beweerde gebruik van ‘n uiters neerhalende uitdrukking vir gay mans. Hy het tydens ‘n konferensie van Italiaanse biskoppe ‘n woord gebruik wat as ‘n uiters beledigend beskou word en gesê gay mans moenie toegelaat te word om as priesters opgelei te word nie. Die Vatikaan sê in ‘n verklaring hoewel dit ‘n privaat byeenkoms was, wou die pous niemand ontstel nie. Volgens die verklaring het die pous al verskeie kere verklaar die Katolieke Kerk het plek vir almal.