Pous sê Christene word in DRK geteiken

Pous Franciskus het ‘n beroep op nasionale en internasionale owerhede gedoen om op te tree om die bloedvergieting in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo te stop ná ‘n week waarin dosyne in die Noord-Kivu-provinsie dood is. Hy sê gevegte duur voort en daar moet ingetree word om burgerlike lewens te beskerm. Hy sê baie Christene is onder die slagoffers van die onlangse aanvalle. Hy sê hulle is in haat doodgemaak vir hulle geloof en beskryf hulle as martelare.