Pous ontmoet Oekraïnse vlugtelinge in Hongarye
Pous Franciskus het op die tweede dag van sy besoek aan Hongarye vlugtelinge uit Oekraïne ontmoet. Nadat hulle gepraat het oor hulle ontberings sedert die oorlog uitgebreek het, het die pous aan hulle gesê ‘n beter toekoms is moontlik. Afgesien van ongeveer 600 vlugtelinge, het die pous ook armes en hawelose mense by ‘n kerk in Boedapest ontmoet. Hy het vroeër gemaan teen die gevaar van toenemende nasionalisme in Europa. Die pous het ook aan die regering van eerste minister Viktor Orban gesê, die aanvaarding van migrante, soos op die res van die vasteland, sal ‘n ware teken van Christenskap wees.