Pous Franciskus ondergaan maagoperasie

Pous Franciskus ondergaan vanmiddag ‘n maagoperasie in die Gemelli-hospitaal in Rome. Die Vatikaan sê in ‘n verklaring sy mediese span het die afgelope dae besluit dat hy die operasie moet ondergaan en dat hy ‘n paar dae in die hospitaal sal moet deurbring. Die 86-jarige pous het nog vanoggend sy weeklikse verskyning op St. Petrusplein gemaak, voordat hy na die hospitaal geneem is.