Pous Franciskus is in die hospitaal

Die Vatikaan het bevestig pous Franciskus is met ‘n lugweginfeksie in die hospitaal opgeneem. Dit sê die 86-jarige pous het die afgelope dae gekla dat hy sukkel om asem te haal, maar toetse toon hy het nie Covid-19 nie. In sy twintigerjare is ‘n deel van sy een long verwyder terwyl hy in sy vaderland, Argentinië, as priester opgelei is. Dit is tans die pous se besigste tyd van die jaar met vele geleenthede en dienste wat vir Paastyd beplan is. Dit sluit ‘n Palmsondag-mis die naweek in.