Pous Franciskus begin Asië-Stille Oseaan toer

Pous Franciskus het in Indonesië aangekom waar die meerderheid die Moslem-geloof aanhang. Dit is deel van ‘n vier-nasie-toer in die Asië-Stille Oseaan-gebied wat die 87-jarige pous aanpak – die langste en verste reis ooit in sy ampstermyn. Die hoof van die wêreld se 1,3-miljard Katolieke het in die hoofstad Jakarta geland vir ‘n drie-dag besoek gewy aan die smee van bande met ander godsdienste. Hy reis dan na Papoea-Nieu-Guinee, Oos-Timor en Singapoer.