Posbank voorsitter en verskeie raadslede bedank

Die voorsitter en verskeie nie-uitvoerende lede van die Posbank se raad van direkteure het hul onmiddellike bedankings aangekondig. Die voorsitter, Thabile Wonci, skryf dit toe aan eksterne inmenging, onbehoorlike druk, en invloed vanaf die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Mondli Gungubele. Wonci sê ondanks die vordering wat die instelling die afgelope jare gemaak het, het die inmenging en invloed van eksterne bronne hul vermoë belemmer om die bank doeltreffend te bestuur.