Posbank sê Sassa-karte sal werk

Die Suid-Afrikaanse Posbank het Sassa-begunstigdes verseker dat hul goue kaarte aktief sal bly en nie dié maand sal verval nie. Dit volg op gerugte op sosiale media dat die kaarte gaan verval en begunstigdes nie hul maatskaplike toelaes sal ontvang nie. Die Posbank se woordvoerder, Bongani Diako, doen ‘n beroep op begunstigdes om dié feestyd uiters waaksaam te wees teen swendelaars: