Posbank en Sassa: DA stoei voort
Die DA sê hy gaan ‘n debat van nasionale belang aanvra oor Sassa se maatskaplike toelaes wat laat of selfs glad nie uitbetaal is nie. Die Posbank het verlede Dinsdag en Woensdag onderbroke stelselprobleme by kitsbanke en kleinhandelaars ondervind. Dit het tot gevolg gehad dat sommige ouderdoms- en ongeskiktheidtoelaes nie uitbetaal kon word nie. Bridget Masango van die DA sê die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, se poging om die skuld net op die Posbank te pak, is oneerlik: