Portugese ambassade hou konsert in NTN

Die ambassade van Portugal in Namibië reël ter viering van hul Portugese Nasionale Dag môre ‘n konsert met Omiri op 14 Junie om sewe-uur die aand in die Nasionale Teater van Namibië. Toegang is gratis. Omiri is Portugese elektro-folk en die konsert sal ‘n reis deur Portugal in ‘n unieke multimedia-vertoning insluit. Die musikant Vasco Ribeiro Casais, stigter van Omiri, sal ook op 15 Junie ‘n een daagse werkswinkel vir Namibiese kunstenaars, musikante en platejoggies by die teater gratis aanbied.