Portugal glo hulle kan môre wen
Portugal glo vas hulle is sterk genoeg om Suid-Afrika te klop in môre se toets in Bloemfontein – die eerste nog tussen die twee lande. Die Wolwe is bemoedig deur hulle onverwagse oorwinning oor Fidji tydens die Wêreldbeker verlede jaar in Frankryk. Portugal is tans 15de op die wêreldranglys en die wêreldkampioene eerste. Die kaptein van Portugal, Tomas Appleton, sê hulle speelstyl is deur die Springbokke beïnvloed en sy span wil die wêreld skok elke keer as hulle speel.