Politieke ontleder: Nguvauva het nie veel volgelinge

Aletha Nguvauva, wat ‘n faksie van die Ovambanderu-gemeenskap lei, het haar bedanking uit die Swapo Party aangekondig. Nguvauva het ‘n beroep op haar volgelinge gedoen om ook bande met die regerende party te sny. Die ontevrede leier sê haar onwrikbare steun en dié van haar mense vir die Swapo Party het, nieteenstaande al die jare, nie omgesit in tasbare resultate in terme van ontwikkeling in die streke en gebiede waar haar mense hoofsaaklik woon nie. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder dr. Ndumba Kamwaynah gepraat wat sê dat Nguvauva se volgelinge nie juis ‘n groot duik in Swapo sal maak nie.